Ná die sluiting van die Rand Daily Mail het van die joernaliste hul pensioengeld bymekaargegooi en ‘n weekblad gestig om in die gees van die RDM die stryd teen apartheid en ander outoritêre wette voort te sit. Die Weekly Mail het deeglik sy stempel op die perslandskap afgedruk met voorblaaie (en verslaggewing) soos dié: Die...
Deur Johannes Froneman Ek het in Durban grootgeword waar die Daily News die sterk middagkoerant was. Soos elders is die stadskultuur gekenmerk deur die inspuiting van energie wat die verskyning van die middagkoerant op straat meegebring het. Of so onthou ek dit. Afrikaanse koerante was hier en daar in Durban te kry, soms ‘n dag laat. Die Vaderland het in die 1960’s seker met...
Van die land se oudste koerante verskyn steeds in die Oos-Kaap. Onder hulle tel die Herald, wat in 1845 as die Eastern Province Herald sy verskyning gemaak het en saam met die Witness van Pietermaritzburg as die oudste bestaande koerante in die land beskou word. ‘n Herald uit 1937. Die koerant heet nou net The...
The Citizen is in 1976 as ‘n projek van die destydse Departement van Inligting begin – glo om ‘n positiewe beeld van die land uit te dra wat die ander Engelstalige koerante weens hul opposisie teen apartheid nie gedoen het nie. Die blad het vir ‘n week as breëbladkoerant verskyn. Die eerste uitgawe van The...
The Witness, wat lank as The Natal Witness bekend was, het op 27 Februarie 1846 vir die eerste keer verskyn. Sedertdien word dit ononderbroke gepubliseer, wat dit volgens sommige die oudste koerant in die land maak. Die Herald van Port Elizabeth het egter reeds op 7 Mei 1845 vir die eerste keer verskyn. Die probleem...
Die Daily Sun is ‘n sensasiekoerant gemik op die swart werkers van Suid-Afrika. Die vader van die koerant was Deon du Plessis, wat eers onsuksesvol die idee aan sy base by Independent probeer verkoop het voordat Media24 by die idee ingekoop het. Dit het sirkulasiegewys een van die grootste suksesstories in Suid-Afrika se persgeskiedenis geword....
Die Sunday Times was vir ‘n groot deel van die 20ste eeu Suid-Afrika se grootste koerant. Onder redakteurs soos Joel Mervis en Tertius Myburgh het die blad daarin geslaag om soomloos van ‘n blad vir Engelssprekende wit mense oor te gaan in een wat ook deur ‘n groot getalle Afrikaners gelees is. Daarna, soos die...
Die Pretoria News was vir 125 jaar ‘n instelling in die hoofstad. Maar die sirkulasie het sodanig gedaal dat die blad op 12 Mei 2023 gesluit is en by The Star ingelyf is. Met sy eeufees het Pretoria News hierdie bylae van meer as honderd bladsye gepubliseer. In die bylae is ‘n voorblad uit elk...
Koerante vir en deur swart mense dateer uit die 19e eeu. Voorlopers was John Tengo Jabavu, wat die koerant Imvo Zabantsundu 1875 in King William’s Town gestig het, en John Dube, stigter van Ilanga LaseNatal. In die twintigste eeu het koerante vir swart mense meestal wit eienaars gehad, maar dit het stuk vir stuk verander....
Die een konstante in die wêreld van koerante is dat koerante kom en gaan. Koerante soos Die Suiderstem, Dagbreek, Die Beeld, Transvaler en andere word elders op hierdie webblad bespreek. Maar die lot het ook heelparty Engelstalige koerante deur die jare getref. Hier is van hulle. Die Rand Daily Mail kom in 1902 tot stand...